Oor Nina
Na jare se betrokkenheid by verskillende instansies waar ek as ‘n bemoediger, mentor en later as berader gedien het, het Nina Hefer Beradingsdienste tot stand gekom. My passie en liefde vir mense asook my oortuiging dat daar altyd hoop en antwoorde in Jesus Christus is, het my oortuig om weer voltyds te gaan studeer en myself as ‘n gelisensieerde Christelike Berader en Lewensafrigter te bekwaam. 

My hart is dat elke mens sy beste moontlike lewe sal kan leef. 
My uitgangspunt is daarom Joh. 10:10: “Ek het gekom dat julle die lewe kan hê en dit in oorvloed”. 
Christus het gekom sodat jy ‘n oorvloedige lewe kan hê en daarmee wil ek jou help.

Visie

Nina Hefer Beradingsdienste streef daarna om ‘n ruimte te skep waar individue emosionele ondersteuning kan ontvang terwyl hulle bemagtig word in die proses van heelwording.

Doel

My doel is om vir jou ’n veilige en deernisvolle ruimte te skep waar jy gesien en verstaan voel. Ek streef daarna om met empatie na jou uitdagings te kyk en jou met praktiese strategieë te help om vorentoe te beweeg. Dit is my passie om jou te ondersteun in die ontdekking van jou volle potensiaal en om saam met jou te werk aan 'n meer vervulde en betekenisvolle lewe.
Vertroue is vir my van kardinale belang en daarom sal ek nooit enige inligting wat jy met my deel met enige iemand bespreek nie, behalwe as ek jou toestemming het, of as ek daarvan oortuig is dat jou lewe in gevaar is. 

Hierdie is ‘n “safe space” waar jy net jouself kan wees sonder enige veroordeling.

Christelike Berading

Ek bied Bybelse berading aan wat gegrond is op Christelike waardes en beginsels. Hierdie diens fokus op geestelike groei, emosionele genesing en ondersteuning in geloofsgebaseerde lewensuitdagings.

Algemene Berading

Hierdie diens is gerig op individue wat ondersteuning benodig met algemene lewensuitdagings soos stres, angs, depressie, verlies en selfbeeld. Ek gebruik beproefde beradingstegnieke om jou te help groei en herstel.

Jong Volwassenes

Ek het ’n diep passie vir jong volwassenes en studente (ouderdom 18–30), en om hulle by te staan in hierdie unieke en dikwels uitdagende lewensfase. Selfontdekking, loopbaankeuses, verhoudingsdinamika en die strewe na onafhanklikheid kan soms oorweldigend voel. My doel is om ’n veilige en ondersteunende ruimte te bied waar jy jou identiteit kan verken, helderheid oor jou toekoms kan kry, en innerlike sekerheid kan ontwikkel terwyl jy jou eie pad begin stap.

SoulCare

Ek is ʼn opgeleide SoulCare fasiliteerder wat ‘n unieke bediening is van Doxa Deo Gemeente. Dit fokus op innerlike genesing en bevryding. Die bediening is daarop gemik om by die wortel uit te kom van dit wat jou verhinder om in ‘n intieme verhouding te hê met Vader God, Jesus en Heilige Gees. Kontak my gerus indien jy meer besonderhede oor hierdie bediening benodig.

Anja

Nina supported me through one of the most painful times in my life after the end of a six-year relationship. Her gentle, kind spirit made it easy for me to open up and begin healing. I truly believe she is an instrument of the Lord. I will forever be grateful for her guidance, compassion, and the peace she helped me find.

Danielle

Ek het na Tannie Nina toe gegaan as 'n jong volwassene met baie vrae waarmee ek geworstel het. Tannie Nina praat altyd met 'n sagte hart en het my beste belange op die hart. Sy lei my met haar advies deur die sake waarmee ek worstel. Haar leiding is gegrond in geloof, wat my altyd laat voel asof ek selfs na ons sessie 'n plan het wat ek self kan volg, en vertroue het in my keuses. Selfs na die eerste sessie met Tannie Nina kon ek 'n groot verskil sien in my denkwyse en emosionele welstand. Tannie Nina is werklik 'n vrou met die mooiste en sagste hart, en altyd die regte antwoorde. Tannie Nina is 'n mens vir wie ek so dankbaar is om op my lewenspad te hê.

Anya

Ek kan Nina Hefer met oorgawe aanbeveel. Toe ek vir die eerste keer by haar instap, was ek onseker oor wat voorlê, maar sy het my dadelik tuis laat voel met haar warm glimlag en rustige teenwoordigheid. Wat my veral opgeval het, is hoe sy haar benadering aanpas by elke persoon — ek het regtig gevoel sy verstaan my uniekheid. Sy is nie net professioneel en kundig nie, maar ook diep betrokke op ’n geestelike vlak, wat vir my baie beteken het. Die ruimte wat sy skep, is veilig en vol insig, en ek het al in die eerste paar sessies begin merk hoe dinge in my lewe begin verander. Nina stap werklik met jou ’n pad, met opregte omgee en ’n hart vol hoop.

Zandri

My sessies met Nina was so positief en lewensopbouend. Nina luister met ’n oop hart—nie om te reageer nie, maar om te help oplossings vind en die waarheid in elke situasie na vore te bring. Sy het my geleer om die Here werklik in alles raak te sien en om by Hom te hoor wat Hy oor myself en my situasie sê. Nina se hart is opreg en gerig op mense: om hulle te help en om hulle ware waarde raak te sien vir wie hulle regtig is. Ek is opreg dankbaar vir Nina, vir haar wysheid en die waardevolle insette wat sy al in my lewe gemaak het—selfs in so ’n kort tyd. Ek sal haar vir ewig dankbaar wees!

Liam

Working with Nina has been transformative. When I first came to her feeling overwhelmed by certain aspects of my life, she immediately created a safe and supportive space. Nina is incredibly compassionate, insightful, and genuinely listens. She didn't just offer empathy; she provided practical tools and perspectives that helped me understand my patterns and develop healthier coping strategies. I now feel significantly more in-control and equipped to handle life's challenges. I cannot recommend Nina highly enough to anyone seeking a skilled and caring counselor, absolutely life changing.

Elke sessie duur gewoonlik een uur. Opvolgafsprake word weekliks geskeduleer, afhangend van jou unieke behoeftes.
Ja. Alhoewel ek persoonlike een-tot-een sessies verkies, bied ek ook aanlyn sessies aan vir kliënte wat dit verkies of wat nie naby is nie.
Die koste is R500 per uur. Betaling is binne 7 dae na ontvangs van die rekening betaalbaar.
Ek is nie ‘n sielkundige of psigiater nie en kan daarom nie enige mediese diagnose maak, of medikasie voorskryf nie.
Indien ek van mening is dat ek jou nie self kan help nie, sal ek jou verwys na ‘n ander professionele kundige of 'n alternatiewe aanbevelings maak.
Ek luister graag met empatie en sonder oordeel. Ons gaan as ‘n span saamwerk. Ek gaan nie vir jou voorskryf wat om te doen of hoe om te voel nie, maar my doel is eerder om jou te help en te lei om die oplossing te vind vir wat in JOU lewe van toepassing is.

Ek sien uit om ‘n pad saam met jou te stap!
  • 28 Westruther Estate, Paradyskloof, Stellenbosch.