Christelike Berading

Ek bied Bybelse berading aan wat gegrond is op Christelike waardes en beginsels. Hierdie diens fokus op geestelike groei, emosionele genesing en ondersteuning in geloofsgebaseerde lewensuitdagings.

Algemene Berading

Hierdie diens is gerig op individue wat ondersteuning benodig met algemene lewensuitdagings soos stres, angs, depressie, verlies en selfbeeld. Ek gebruik beproefde beradingstegnieke om jou te help groei en herstel.

Jong Volwassenes

Ek het ’n diep passie vir jong volwassenes en studente (ouderdom 18–30), en om hulle by te staan in hierdie unieke en dikwels uitdagende lewensfase. Selfontdekking, loopbaankeuses, verhoudingsdinamika en die strewe na onafhanklikheid kan soms oorweldigend voel. My doel is om ’n veilige en ondersteunende ruimte te bied waar jy jou identiteit kan verken, helderheid oor jou toekoms kan kry, en innerlike sekerheid kan ontwikkel terwyl jy jou eie pad begin stap.

SoulCare

Ek is ʼn opgeleide SoulCare fasiliteerder wat ‘n unieke bediening is van Doxa Deo Gemeente. Dit fokus op innerlike genesing en bevryding. Die bediening is daarop gemik om by die wortel uit te kom van dit wat jou verhinder om in ‘n intieme verhouding te hê met Vader God, Jesus en Heilige Gees. Kontak my gerus indien jy meer besonderhede oor hierdie bediening benodig.