Hoe lank duur 'n sessie, en hoe gereeld sien jy kliënte?
Elke sessie duur gewoonlik een uur. Opvolgafsprake word weekliks geskeduleer, afhangend van jou unieke behoeftes.
Is daar aanlyn sessies beskikbaar?
Ja. Alhoewel ek persoonlike een-tot-een sessies verkies, bied ek ook aanlyn sessies aan vir kliënte wat dit verkies of wat nie naby is nie.
Wat is die koste van ‘n sessie?
Die koste is R500 per uur. Betaling is binne 7 dae na ontvangs van die rekening betaalbaar.
Kan jy diagnoseer of medikasie voorskryf?
Ek is nie ‘n sielkundige of psigiater nie en kan daarom nie enige mediese diagnose maak, of medikasie voorskryf nie.
Wat gebeur as jy my nie kan help nie?
Indien ek van mening is dat ek jou nie self kan help nie, sal ek jou verwys na ‘n ander professionele kundige of 'n alternatiewe aanbevelings maak.